PERS VERKLARING:
Charl
Smit
Charl Smit kry dit reg om sy afrikaanse musiek 'n internasionale gevoel
te gee!
Dié
Pretorianer is besig om sy naam regoor die land te vestig met sy treffer
debuut album en dinamiese optredes. Sy album EK EN JY word versprei
deur Select Musiek en is landswyd beskikbaar by alle goeie musiek winkels.
Volle
waardering vir Charl se musiek kom tot lewe wanneer hy in optrede gesien
word. Charl straal van passievolle sang energie wat die gehoor omring
en deel maak van n onvergeetlike musiek ervaring.
Charl doen graag daardie ekstra moeite met sy vertonings wat dit n uniekheid
gee wat uitstaan.
Goeie klank, rookmasjiene, beligting, video skerms en n proffessionele
span aan sy kant sorg vir foutlose afronding.
EK EN JY – n Debuut album met trefkrag
Hier
is 'n album wat n mens oor en oor wil luister! Tussen die verfrissende
werk hierop is onder meer die snitte EK EN JY, EK IS ALLEEN, DIGTER
EN DIE DAME (met n byderwetse hermeng), JY IS SO MOOI, VUUR IN JOU HART,
NOU NOU NOU, ADRENALIEN en NIKS KAN ONS MEER STOP NIE.
Hy durf Gé Korsten se treffers WEES LIEF VIR MY en LIEFLING waardig
aan en verleen sonderlinge diepte aan die sentimentele juweel, LIEFDE
VAN N MA. Sy FAK-keurspel is konsertmatig in die kol.
Charl vertolk met treffende eerlikheid, onopgesmuk en luistervriendelik.
Hy is geesdriftig en middelmootpassievol.
Hy is eweneens gemaklik met meesleurende ballades en energieke polsgoete.
EK EN JY is n album wat in elke cd versameling hoort. Hy verdien ondersteuning!
Geniet!
|